Testimonials

Beste Helen,

Dankie vir die vriendelikheid, liefde en omgee waarmee jy ons deurentyd behandel het in hierdie omgekrapte en deurmekaar jaar van Covid.  Ek was nog nooit ten gunste van rokke maak nie omdat ek al te veel stories en riller verhale gehoor het.  Van die eerste dag af wat ons jou kom sien het,  het jy ons gemaklik laat voel en was daar ‘n vertroue in jou wat ek gehad het.  Dankie vir elke Whatsapp wat ons in die onseker tyd kon stuur en dat jy so vinnig geantwoord het en ons gerus gestel het.  Die aankoop van die materiaal was ‘n fees saam jou.  In minder as ‘n uur was ons klaar met die aankope.   Dankie vir elke aanpas, jou geduld en vriendelikheid deurentyd was jy besorg of Juanita nog tevrede is of iets wou verander.  Nooit was jy laat met jou afsprake nie,  optyd en stiptelik!  Die rok het so mooi gelyk ek was stom geslaan.  Ons maak verseker in die toekoms vir Marissa se troue weer van jou dienste gebruik, dan gaan ek ook ‘n kans kry om opgedress te word deur jou J 

Nogmaals dankie vir jou!  Jyt die dag help sprokie mooi maak!

Liefde groete

Tirsa en Juanita

Hi Helen,

Baie dankie weereens vir jou uitstekende diens!

Jou handewerk is voorwaar ‘n Kunswerk!

Sien jou Saterdag!

Groete

Lèsle Lundell

Baie dankie Helen Coetzee van Helen Coetzee Couture, Renate het soos ‘n prinses gelyk met die pragtige rok wat jy vir haar gemaak het.

Estelle van der Westhuizen